Skallabrak Header

KIEKIES

1/28   >>>
nommers

BLAFDATUMS

February, 2012
S M D W D F S
01 02 03 04
05 06 07 08 09 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29

BLOG

STYWE LYNE RIEBEEK CELLARS EN RON DARBY!!

'n hartlike hallo,

die brakke wil met die intrapslag RIEBEEK CELLARS(coolste kelder ooit!) bedank vir die borg van die bakkie na Fiddlers Creek.  Ons.....Lees Nog >>

Skallabrak

SkallaBrak is gestig in 2001 in die begin van die jaar rond. Hendrik Brakwater en Skalla Mari die stigterslede. Eerste gig was voor Valiant Swart in die Walkabout, Sheperds Bush, London UK, aan die begin van 2001, en 'n paar maande later voor Koos Kombuis in dieselfde venue.

Met die val van die Twin Towers op die 11de September 2001, het hulle die rug gekeer op die Britse Leeus en teruggekeer na hul geliefde land. Montagu het toe die basis geword met die eerste gig in Worcester, Mcguires. Op daardie stadium het Brakwater en Mari die gigs akoesties aangepak.

Die musiek wat SkallaBrak opgedis het was alles oorspronklik met hier en daar 'n verwysing soos Koos Kombuis, Valiant Swart en David Kramer. Anton Goosen en Johannes Kerkorrel se musiek was ook 'n uitstekende hoeksteen van Afrikaanse musiek met inhoud vir die Brakke.

SkallaBrak het 2002 begin met 'n volle groep van 4 stuks. Pyl en Boog en Rooivalk was die addisionele lede. Pyl en Boog het 'n liedjie winkelpoppe gekomponeer waarvan SkallaBrak se eerste musiekvideo gemaak is.

SkallaBrak het in 2002 ook hul eerste CD, Morsig, gelaunch. Opgeneem by Farmyard studios in Gordonsbaai by Alex Power.

'Morsig' het SkallaBrak by die KKNK Oudtshoorn, Aardklop Potchefstroom, Cederfees Clanwilliam ens. uitgevoer.

In 2003 het Pyl en Boog die groep verlaat a.g.v. werksverpligtinge en Logan Libido het in sy plek ingeval. Libido het net sy vakasie afgehandel toe SkallaBrak sy tweede CD aanpak en opneem. 'Musiek vir my spaceship', ook opgeneem by Farmyard studios. Briers Coetzee wat ook die opname van Morsig behartig het was weer in die 'cockpit'.

In 2004 is SkallaBrak deur Rolf Albrecht geteken by CDR manufacturing. 'Kophou Internasionaal' het hier die lig gesien. Briers Coetzee het die produksie behartig met Derek Lennox as klankingenieur.

Einde 2006 het SkallaBrak weer nuwe lede in hulle geledere verwelkom nadat Libido by Gian Groen aangesluit het en die Rooivalk na Switserland toe emigreer het. Willem Prinsloo, Deon du Toit en Neil Ford het SkallaBrak vergroot na 'n vyfstuk groep toe. SkallaBrak se klank was steeds deursigtig in die groter en voller klank wat met die verandering gekom het. Neil Ford het wel nie lank gespeel voordat hy vervang is deur Wian van Tonder nie.

Oktober 2006 het CDR manufacturing weer hulle asems opgehou en ons weer opgeneem. Die nuwe CD, Hond se gedagtes, wat 'n nederige nominasie by die 'Vonk toekennings' gekry het, is toe gebore. Deon du Toit het meestal die produksie gelei saam met Brakwater en Mari. Gert Mostert was die klankingenieur en was ook prominent in die produksie betrokke.

Hond se Gedagtes, is die 2de Junie 2007 'ge-launch', met die launch is 'n DVD opname gemaak, SKALLABRAK LIVE. Die opname is gedoen deur Arjun van der Willik produksies. Arjun het ook die musiekvideo van Afrikaner Afrikaan gedoen.

SKALLABRAK LIVE is vrygestel in die middel van 2008.

SkallaBrak sal (solank dit die geloof van die groep bly) nooit doodloop nie. SkallaBrak doen nogsteeds gereeld optredes en is hoofsaaklik gebasseer in die Kaapse Metropool met Brakwater wat in Stilbaai gesetel is.

Musiekantvriende wat al saam vir SkallaBrak opgetree het en nie vermeld is nie, is JJ du Plessis(dromme), JP Crouch(dromme), Nicotien(bas), Robert Mitchley(kitaar), Alex Power(bas), Jeremy Schultz(dromme), Guy Veldsman(kitaar).

SkallaBrak beplan om 2010 'n akoestiese album vry te stel, so hou die webtuiste dop vir inligting.

SkallaBrak bestaan uit"

Hendrik Brakwater – hoofsanger en akoestiese kitaar
Skalla Mari – ritme kitaar, bekfluit, trekklavier en stem
Deon du Toit – hoof kitaar, ritme kitaar en stem
Altan Ungerer – Bas
Briers Coetzee – Dromme